Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on December 15, 2015, 11:17:40 AM
-
Ons dans die riel
indringend besiel
wit word grys
onheilspellend
word silwerstraal kettings gewys
metaal knou metaal
grys donker
lang arms dreig verswelg
al nader grypend
die oorlogspel
terstond tot swye geruk
plomp plons nat
oor die angstig dorstige aarde
stort 'n dankbare storie
hoop verwagting
tot 'n volgende keer
-
Lief hoe jy die witspasie gebruik Elle!
-
Dit is mooi. Ons het darem ook 'n lekseltjie reen gekry.
-
Daai spasies laat die gedig gepas dramaties klink as 'n mens dit hardop lees. Goed gedoen.