Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Stof on June 23, 2011, 11:50:02 PM

Title: Stowwerige kiekies
Post by: Stof on June 23, 2011, 11:50:02 PM
(http://www.afrikaanseforum.co.za/pm/valhalla.jpg)
'n Deel van die Afrikaanse Forum familie bymekaar

(http://www.afrikaanseforum.co.za/pm/pnella.jpg)
PM en Stof se buite egtelike kind...

(http://www.afrikaanseforum.co.za/pm/doodkiep.jpg)
Die verleiding van afgestorwe pluimveë, keurig gekremeer.

(http://www.afrikaanseforum.co.za/pm/oordoen.jpg)
'n Teken by die Sasko aanleg in Germiston
Title: Re: Stowwerige kiekies
Post by: Lox on June 24, 2011, 04:09:03 AM
daai van nie iets behoorlik te doen maar tyd om oor te doen is baie waar en so gaan baie tyd en geld verlore
Title: Re: Stowwerige kiekies
Post by: Angelica on June 24, 2011, 06:41:34 AM
Nou wie is wie op die foto? Ek ken net vir PM. Kan ons nie maar byskrifte bysit nie.
Die motor?
Die afgestorwe hoender lyk asemrowend in haar nuwe gewaad.
Title: Re: Stowwerige kiekies
Post by: PM on June 24, 2011, 09:24:31 AM
Hê-hê.  Van links na regs:

Adéle,  Koubouter, die uwe, Karin en Stof.  Nou weet jy hoekom Hannes my foto op die meelblik staanmaak om die rotte weg te hou!   :icon_biggrin:

Petronellatjie is 'n geskenkie aan Stof om te help om verligting te bring in minder gegoede buurtes waar Stof kos voorsien en emosionele bystand verleen. 

Oor die hoender kan ek nie stry nie!   :icon_biggrin:

Dink julle nie ons kan van julle ook foto's sien nie?
Title: Re: Stowwerige kiekies
Post by: adele on June 24, 2011, 04:10:10 PM
daaai foto, so iets na middernag geneem    :toothy4: 
sal ek ooit daardie heerlike ontmoetingskuier vergeet, dit is vir-altyd-onthou-tye
met   :coffee2:  en   :occasion14:   was  :sleepy2:  baie ver uit ons gedagtes.

 :grommit:
Title: Re: Stowwerige kiekies
Post by: Angelica on June 24, 2011, 07:34:34 PM
Wel, aangename kennis, ouens. Is julle Kapenaars? Of waar het Hannes-se-meelblik-rot julle so laat paartie?
Goed, hier is 'n foto van my....   :angel8:   Cute, ne? Ek's 'n ronderige engelagtige wese met nou en dan 'n streep reg uit die sloot. Iets soos 'n brulpadda wat nie kan ophou piep.  :kermit: