Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on November 23, 2015, 04:46:21 AM
-
As
die
Here
Sy wolk
karos trek oor die
Kalahari-hemel en die
hitte klam-nat aan jou lyf soos pêrels kleef, maak
die mens onegte reën wat die aarde disharmonies seën. ‘Wyl vink en mossie
op sipres- en perskeboomtak hul beurt afwag, want vinke stort nie saam met mossies en mossies bad nie in vink-vuil water nie.
Mossies skud tjirpend hul kardoesies en druppels weerkaats soos diamante in spikkelson voor vinke kwetterend die askoek trap met knikkende swart koppies en skelgeel lyfies. Bring hoep-hoepie sy maat en saam
riel hul in ongelyke maat onder reën uit ondergrondse damme in strome na bo gelei. Uit dankbaarheid bring die voëls hul sang en kort-kort buig hul in eerbied wyl God se opgegaarde seën oor hul reën. Vrolik duik swaeltjies deur sproeireën en ragfyn jassies word oor hul gedruppel, voor hul bekkies water skep in vlug oor die dam. Tarentale
rol hul wieletjies in afwagting van die eerste gerammel in God se karos. Die donker haas hom snel en ‘n tak moet hul kry in denneboom of karee. ‘n Holte vir geveerde voete is daar wel met aandster en sakkende son. Ieder en almal is welkom in God se Kalahari-hotel waar belle gente woon. Wanneer die wind ruk aan bome en hul takke skud, fluister die wolke karos, kom ons laat die donder los, die aarde soek mos kos. Blitse dans oor duin en gras en slaan soos duiwelsvurke op ysterrandjies vas. Laag en donker sak die wolke, noordwestewinde wring Sy karos oor dorre aarde uit wat sy dors gulsig les.
©Orange Blue
©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie.
-
Geskoei op die Fibonacci struktuur! Ek lief dit. Plaas gou vir jou die woord- of lettergreeptelling van hierdie uitdagende struktuur.
1 1 2 3 5 8 13 21 34 55 89 144 233 377 610 987 1597 2584 4181 6765 10946
-
Dankie. Sal weer een anderdag probeer. Hierdie vat tyd om te doen.
-
Ongelooflik tydrowend. Haal my hoed vir jou af :toothy4:
-
Maar so lekker as mens klaar is en ander jou skrywe geniet. Ek was naderhand so deurmekaar met klank en lettergrepe :)
-
Hahahaha, ken ek dit nie! Welgedaan mater. Ek het heerlik gelees :icon_biggrin:
-
Uitstekend gedoen Marinda. :notworthy: Dit wil gedoen word!
-
Dankie PM, waardeer jou kommentaar en vertoewwe hier
-
Ek is so honger vir kuier. Daar in Leeupoort is die opvangs erg sleg. Hier by ons seun se huis in Centurion is dit 'n plesier om saam te kuier.
Ek is nou net terug van die hospitaal af en nou gaan ek verder soek vir nog plasings.
-
Jammer om te hoor jy was in die hospitaal. Hier gaan dit woes van half sewe vanaand af. Sterkte met die herstel. Hoop jy voel gou beter. Dan kuier ons.
-
Skuus man, ek het net die helfte vertel. My man Hannes het van die trappe af
ge-do geval en sy gewrig en twee ribbes gebreek. Hy het homself in ICU in geval vir drie dae. Toe word hy ontslaan en daar begin hy braak. Eers gedink dit is harsingskudding, want hy het 'n agt-klamp-gat in sy voorkop geval. Ek neem hom toe na sy maagspesialis. (Hy het 'n paar jaar gelede kolonkanker gehad wat met 'n groot deel van die kolon uitgesny is.) Toe word hy weer opgeneem en 'n kolonoskopie (die kameratjie van agter) wys toe dat hy opstruksie in die dunderm het.
Gelukkig het sy sisteem toe weer aan die gang gekom, dalk was dit die baie stap. :dontknow:
As alles nou voor die wind gaan, of is dit nou die wind voor alles gaan, dan sal hy seker so gou as wat vastekos die pad reguit buitentoe kies, ontslaan kan word.
Hou tog asseblief duime vas.
Ons seun en sy gesin is hier vanuit NZ en hulle sou die naweek vir ons op Leeupoort kom kuier vir 'n paar dae. Nou lyk dit vir my of dit wel sal realiseer. Ek het nie in my wildste drome geglo dat dit sommer vanself sal regkom nie.
-
Sal vir hom bid. En so bly vir jou part jou kinders kom kuier. Ek wag om te hoor wanneer myne kom kuier. Het my oudste ses jaar laas vir kersfees gehad. Miskien is dit die keer die ouers se beurt.
-
Om een of ander rede is die titel van die onderwerp vir my soos 'n kombersie wat om die kinders gevou is. Waar is jou kinders?
-
Die oudste bly op Cullinan en die ander twee hier op Vryburg, hulle sien ek elke dag en kan nie wag dat hulle saans huis toe kom nie.
-
Cullinan is ook maar ver. Dit is erg as 'n mens jou kinders so mis.
-
Dit is vir my. Mar dan onthou ek, ek het vriende wat hulle kinders dalk een keer 'n jaar sien, dalk een keer in twee jaar. DAn s^e ek maar dankie ek sien my kind en kleinkinders as ek gaan kuier.
-
Ons het vir Jannas twee jaar gelede gesien toe ons in NZ gekuier het. Ongelukkig sal dit nie gou weer gebeur nie, tensy ons die lotto wen. Dit sal ook nie sommer gebeur nie, want as jy nie 'n lyntjie in die water het nie kan jy nie 'n vissie vang nie. :icon_biggrin:
Hulle is ook vier persone, so, dit kos 'n fortuin vir hulle om hierheen te kom. Dit sal ook nie elke jaar gebeur nie. Gelukkig het hulle dollars.
Hier is ons nou weer daar: wat moet gebeur sal gebeur?
-
Ek het gesien toe LIzma my dogter vir die WRB Londen toe is. Van dit begin het tot sy vertrek het, het die geld wat sy vir spending begroot het baie 'gekrimp'. Gelukkig het Zoetis die reis en verblyf en van die etes betaal. Maar genade daar anderkant 'krimp' die geld meer en meer soos wat hier aangegaan word. Ek was nog nooit oorsee nie. Sal nooit gaan nie kan dit nie nou meer bekostig nie. Moes gegaan het toe ek kon maar toe wou ek mos in ons land rondrits
-
Met Hannes se werk en ons kinders wat so rond waai, was ons al in baie lande, maar SA bly nog die mooiste mooiste land. Vlieg en ek sit nie langs die selfde vuur nie. Ek haat dit om eers tot by die lughawe te kom, die lang wag en anderkant weer eers jou bestemming te bereik. Aaklig!
-
Ek dink ook nie ek is vir vlieg gemaak nie. Lees toe nou die dag op 'n blog, ons gaat weer in konsentrasiekampe geboender word, maar nie hier nie! Australie is ons voorland. Dan gaan die Japanese ons kom red en kom ons terug en vat die land met hulle hulp oor. :toothy4: :icon_biggrin: :icon_scratch: :headbang:
Anton haak van die kant af: "Ek wil sien hoe hulle jou op 'n vliegtuig kry!" :sign10:
So jy het dalk 'n kans om weer oorsee te gaan.
-
Nee wat, ek sal maar hier rond stilletjies oor die grens glip.
-
:toothy4:
-
Is dit nie vir Mr T van die A-team wat hulle moes uitslaan om hom te laat vlieg nie ... :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
Ja, dit was net hy daai! Ek glo nie ek sal so gelukkig wees nie! Wat 'n plesier!
-
DAnkie PM :love7: