Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on November 23, 2015, 04:21:14 AM

Title: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on November 23, 2015, 04:21:14 AM
Die man het gery tussen Tosca en Bray (Kalahari) toe sy motor breek langs die pad. Dit was al laat aand en daar kom geen ander voertuie verby nie. Gelukkig sien hy ‘n liggie in die verte brand en hy stap aan na die plaashuis om te gaan hulp soek.

By die plaashuis aangekom is almal besig om te eet. Hy klop aan en vra toe vir hulp. Maar die oom sê hy moet eers ietsie saam met hulle eet. Die oom stel hom toe aan sy vrou en dogter voorl.

Na hulle klaar geëet het sê die oom:“Jong jy sal moet oorslaap want dis nou al laat. Ons sal môreoggend die muile inspan en jou moutertjie gaan insleep. Dan kan mens kyk wat fout is. Maar jy moet weet ons het net twee kamers. Ek en die ou tannie slaap in die een kamer. So jy sal by Sussie in haar kamer moet slaap. Sy het net ‘n dubbelbed in haar kamer. Maar jy hoef nou nie te kommer nie ek en die tannie sal kussings tussen julle pak so dat jy aan die een kant kan slaap en sy aan die anderkant. En die duiwel haal jou as jy oor daai kussings klim vannag.”

So slaap hulle die aand. Die volgende oggend stap die man en Sussie kraal toe om die muile te gaan haal. Toe hulle by die kraal verby loop kom daar ‘n stuitige dwarrel en hy gryp haar kappie en waai dit oor die kraalmuur.

Die man sê vir haar: “Moenie worry nie ek spring gou oor die kraalmuur en gaan haal gou jou kappie vir jou.”

En Sussie sê vir hom: “Los maar, as jy gisteraand nie eers oor die kussings kon kom nie, hoe sal jy nou oor die kraal se muur kom?”

 

*Ouma Martjie was Anton se ouma Nortjé aan moederskant.

 

 

©Orange Blue

 

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Meraai vannie Baai on November 23, 2015, 05:39:58 AM
My wereld! Die verhaaltjie al wye draaie gemaak  :toothy4:
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on November 23, 2015, 05:49:46 AM
Is mos maar volksmond se praatjies. Elkeen vertel hom seker soos hy/sy dit hoor en bind aan eie streek.
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Meraai vannie Baai on November 23, 2015, 08:31:41 AM
Ons dit self al beleef dat dinge wat in ons familie gebeur het, ook in ander families voorgekom het. Veral Outop se biltong-humor het al wye draaie gedraf en stertjies gekry  :icon_biggrin:
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on November 24, 2015, 06:04:33 AM
Vertel!
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Ans Botha on November 27, 2015, 05:17:23 PM
Kan 'n man so gehoorsaam wees? Ek het die vertelling baie geniet.
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on December 04, 2015, 12:32:26 PM
Ek twyfel Ans. Dit klink eerder na wensdenkery :)
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: PM on December 09, 2015, 11:53:48 AM
Ja nee kyk!
Dit laat my dink aan die ma wat tussen die twee geslaap het en toe die outjie oorklim sing die ma vir hom "Gaan my nie verby o heiland!"
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on December 09, 2015, 05:24:53 PM
 :sign10: PM Ek kruip nou soos ek lag, kan ampert noi  tik niew
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: PM on December 09, 2015, 07:38:28 PM
Dis goed so, ons lag te min nê. 
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on December 09, 2015, 10:30:53 PM
Vanaand is lag uit in hierdie his. Dis net rane want iemand het 4 van my honde vergiftig. 1 dood, een kritiek en 2 is hopelik deurgehaal.
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 11:00:24 PM
Ag noooooit   :crybaby2: Drukkie vir jou mater!
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on December 10, 2015, 05:35:59 AM
Dankie  :love7: Moet nou loop en gaan kyk hoe gaan dit met die 2 wat oorleef het. Of hulle wel oorleef het.
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: PM on December 10, 2015, 08:40:37 AM
Ek is regtig jammer om dit te hoor.  Sterkte en kom vertel asseblief wat gebeur Marinda.
Vroeg in die jaar is my broer se twee pragtige honde ook vergiftig en dit was 'n treurmare.  Ek dag sulke dinge gebeur net in die stede.   :crybaby2:
Title: Re: Ouma Martjie vertel
Post by: Marinda Kemp on December 10, 2015, 12:26:35 PM
Die skaaphond Ounooi en Auwie het oorleef. Hulle word nou behoorlik getroetel. As dit gebeur is dit gewoonlik teken van plaasaanval, inbraak, veedieftsal. Ons wag nou vir polisie. Net jammer die culprit beoefen dieselfde beroep.