Volksetimotologie: Wanneer daar vir vreemde woorde wat betekenloos voorkom, woorde vervorm/herskep word wat bekend is. Kom dikwels onbewus voor weens onkunde en soms doelbewus vir die humoristiese inslag:
Kattebelletjie: afgekrabbelde haastige nie-vormlike briefie verbastering van Nederlands - cartabel
Duisendtree: Eng. dysentery (buikloop)
Ellie-roos: Eng. early rose (soort ertappel)
Bromkaaitjies: Eng. Bronchitus
Eendjiebyter: Eng. incubator
Gryspatrys: Eng. repatriation
Halsband: Eng. Husband
Kouehart: Eng. Coward
Kraaislinger: Eng. Chrysler
Oliekolonie: Keulse water voorheen eu de cologne
Spietkop: Speed cop
Kat-se-blasies: Eng. cactoblastis
pens-en-katjies: Eng. appendicitis
blouhermaans: Eng. blanc mange
merrie-korhaan: Eng. merry-go-round
Spek en bone: Spes bona
pynkelder: Eng. Pain killer
Traansuster: Eng. transistor
Dikstertmerrie: Eng. dictionary
Dronknes: Eng. drunkenness
Bekdrywer: Eng. Back-seat driver
*BRONNE:
Tydskrif vir volkskunde en volkstaal
Kok, B. Humor in ons volkstaal
Sappige sêgoed uit Namakwaland
Afrikaans uit vroeë tyd
Ek het al met 'n paar te doen gekry, maar die meerderheid is humor op stelte. :icon_biggrin:
Dankie vir die plaas Raaitjie, heerlik om jou weer terug te he. :love7: