Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on September 14, 2015, 02:47:54 PM
		
			
			- 
				Skielik bliksem die donnerweer.
 Helder flits die donker dood,
 hoorbaar plof die druppels neer,
 swoel, swaar, swanger groot
 Om kraters in die stof te plof,
 te ratelklop op die dak se sink.
 As donkerte die flits verdof
 Sal dorstig grond die vog indrink.
 
 Deur wolke leeg en grys
 breek helder son se straal
 om weer natuur se prag te wys.
 Bome wuif met lower hand
 wyl diere dans en juig.
 Uit nat deurdrenkte grond
 steek groen sy grasvingers.
 Uit bliksem lewe weer die land.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Daar kom min dinge by die woordplesier wanneer jy aansit by 'n keurig gedekte ABC tafel soos hierdie Naas  :hello2: :notworthy:
			
- 
				well spoken and painted. made me think of my poem Raindrop Symphony
			
- 
				Baie mooi.