Ek wou maar net noem dat ek die afgelope ruk o.a. die volgende bundels gelees het:
Boekstaaf: Nini Bennet;
bladspieƫl: Marlise Joubert
en Andre Viljoen: Die tweede lyf (hy was grivelman by Woes)
Almal briljant op eie manier. Beslis bundels wat 'n mens weer en weer gaan lees.
Dankie vir die deel Fransi. Ek beny jou :toothy4:
Ek sal bietjie uitkyk daarvoor. Dankie vir die deel Fransi.
:read2:
Ek het onlangs "Die algebra van nood" deur Johann de Lange gelees. Besonders!
dankie Fransi, altyd lekker om te weet waarvoor om uit te kyk ... :love7:
:love7:
Ek moet die volgende boek voorstel vir die leserskring. Drie boektitels, nie langer as 300 bladsye nie en nie godsdiens nie. Kan julle dalk help met voorstelle?
Anoeschka von Meck: Annerkant die longdrop
Dalene Matthee: Toorbos (311 blaaie)
Anna Kemp: Op reis met 'n hond
Hartlik dankie Fransi, ek sal dit navors en kyk of ek die boeke in die hande kan kry. Dit klink almal vir my na goeie leesstof.
:love7: