Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 21, 2011, 12:55:33 AM
-
Hierdie Franse struktuur word geskep met 10 versreëls en onderskeidelik 10 lettergrepe per reël.
(Sommige digters gebruik wel slegs 8 lettergrepe per reël)
Die rymskema wat hier gevolg word is ababbccdcd
Hier is my voorbeeld :book1:
Geskrewe Gedagtes (Dizain)
a Hoorbaar vanuit 'n pynstillende sfeer
b verklap vingers geskrewe gedagtes,
a deur naakte emosies so geformeer
b met woorde wat nes die haweloses
b dorstig smag na vurige intriges
c verhoed deur ons sosiale wette;
c verskans uitgebeeld as silhouëtte
d tussen ons verslyne se frekwensies
c die woorde nou geëtste fasette:
d visueel en poëties simbolies.
© Meraai vannie baai
*Terwyl ek besig was met die skep van 'n gedig het die klanke van die tikkertjie
soos die woorde voor my vorm aanneem, my onrustige gemoed kalmeer en
ek het besef daar waar ons in die kreukelkamers woel met die ABC, is eintlik
niks meer vir my as 'n 'pynstillende sfeer' waar ons soms met die woordbeitel
ets aan emosies wat 'verbode' is vir die leser en ons dit dan simbolies voorhou
as silhouëtte. As ek nie my emosies kan verwoord nie, voel ek haweloos :book1:
-
lewe in die kranse
a ek klim die kranse uit tot daar heelbo
b vang my vas in arend se sirkelvlug
a waar wolkekleed my in U Woord laat glo!
b oral soek geel vygies son in die lug
b tak wildevy vir eekhorings ’n brug.
c dassies skarrel en koes weg in die skeur
c terwyl noemnoempies sielvol boontoe beur.
d verwonderd koes ek weg agter 'n rots
c -deur eeue se bliksemstrale gekleur-
d uit die windvlaag waar stilte teen my bots.
:grommit:
-
Hier vang julle twee my in die sfeer van 'n arend se vlug.
Pragtig! Pragtig!
Is die rymskema vas Ta Raatjie. Ek sien dat die Tien en Ag weergawes se rymskema verskil.
In Afrikaans sou ek die tipe gedigte as Kubus of vierkantgedigte beskryf het (10 x 10 of 8 x 8)
Miskien kan ons ons eie struktuur begin en alle ? x ? gedigte vierkantgedigte noem. (X versreels met X lettergrepe elk. Geen bepaalde rymskeme nie.
2 x 2
Ek smag
na prag
3 x 3
Elke man
sonder plan
dwaal net aan
ens.
Wat seg julle?
:icon_bigsmurf:
-
Dit is twee pragtige gedigte. Weereens wys dit ook hoe verskillend mense gedigte kan vertolk, want met die uitleg van Raaitjie se gedig het ek mooi agter die kap van die byl gekom. :icon_biggrin:
Dit sal uitstekend wees Naas. Daar is 'n skema met 'n ander lettergreeptelling in elke versreël, maar hierdie voorstel sal 'n wenner wees.
-
Naas :notworthy: vir jou 4x4 beskrywing! Op jou vraag of die rymskema vas is, is die antwoord ja. Die gedig word geskep met 10 reëls, wat wel verander kan word is die 8 lettergrepe in elk van die 10 reëls, wat oorspronklik gebruik is maar later is 10 lettergrepe ook toegepas in elk van die tien reëls.
Adele jou gedig is pragtig en lees vloeiend met sy 8 reëls en rymvorm: a b c c d d b a met 10 lettergrepe elk :love7:
Ek gaan net weer die vereistes vir die Dizain struktuur hier vassit in Engels ook:
Dizain Poem Definition:
Ten lines rhymed a b a b b c c d c d; usually (though not by definition) iambic pentameter. This is a Dizain chain. This is originally a French form and initially would have been made up of eight syllablelines, but later ten syllable lines were also used. The few examples of this form in England did prefer Iambic Pentameter, but that's purely up to the poet. The rhyme scheme is: a. b. a. b. b. c. c. d. c. d.
-
ababbccdcd
kom kuier met jou vaal kartonkombers
in my gryskoue stegie om die hoek
dan gooi ons dolos-woorde tot 'n vers
en noot hulle in 'n liedereboek.
waar welvarende dames rigting soek
agter houtmaskers waar hul eensaam leef
trek vernederings hul binneste skeef
hul gloei onder ons dank en aanbidding
geen vreugde meer aan kaviaar en kreef
want dronkverdriet sorg vir harsingskudding
:grommit:
-
Puik puik Adele!! :notworthy: :icon_salut: :book1: