Tien getroue vriende rus op 'n sleutelbord
en tongkieswoorde, lettergrepig afgedruk
op my gees, waarop ek heeldag wou teer
nou net 'n nagmerrie in 'n woordtronk.
*As hulle uitgelaat word op parool, sal ek hulle aantree in gelid, net hier op my eie plekkie.
MY WOORDLOSE GEDAGTES OP SWART EN WIT
?
!
©
Van Gogh het sy krulle en strepe in blou
- alles eens as belaglik afgemaak
en wie lag nou laaste vra ek jou?
Ek het my woordlose gedagtes in swart op wit
- soos stokmannetjies in gelid
en ek wonder self oor my swye!
©
'n Gekrimpte Vers
Lyftaal ...
kontemporêr
en
tydloos;
universeel
verstaanbaar
©