Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on July 15, 2015, 06:41:21 AM
-
Soos Dryfhout
Deur Aquarius op Woes - 01/08/2009
soos die eensame meeu wat
hang
op die windstroom
gilskree ek na die hemele
na God
wat my uit stof gemaak
en toe vergeet het
die hemele vanwaar niks neerdaal nie
'n dryfhoutjie
vaal
deur die weer verweer
wit, gladgeskuur
uitgespoel teen die oewer
alleen
in die felle son
++++
Die Engelse weergawe kongelees word op Mabooki - deur Angelica
-
Ek lief hoe jy ons slim, laat stil staan om die beelde wat jou enkelwoorde in die verse skets, in te neem. Elkeen vertel 'n hele verhaal. Ek sien jou hang, vaal en alleen terwyl jy Hulp soek :notworthy: :icon_salut:
-
Dankie Meraai.
Ek was hoogs (of is dit dieps?) depressed daardie tyd.
-
Soms verklap ons woorddisse deur watter lewensdieet ons geworstel het. Ander kere laat gebeure om ons die penne versgewys griffel. Saak nie maak of dit ons eie wroeginge is of nie, dit bly 'n wonderlike uitlaatklep. Viva die ABC :notworthy:
-
Jy was 'n slagoffer van die woorddief: :notworthy: :love7: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102
-
Dit is 'n pragtige stukkie skryfwerk.
Ek sou graag die Ingilse een ook wou lees. :love7: