Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 13, 2015, 01:55:10 PM
-
Langs die pad .....
waar berge gister se storie vertel
aalwyne vuur in die son vertoon
die oggendou vrygewig verloën
Langs die pad .....
waar poppelierbome in gelit
naby die spruit
hul dorstigheid verdrink
Langs die pad .....
kom wintersonnetjie
saggies oor die aarde streel
die wind in ysige vingers fluister
Langs die pad .....
lê herfsblare
in grondgedagtekleur
gelate oor die landskap
die lelik se mooi kant
om jou op te beur
Langs die pad .....
waar die môre se lente
nuwe lewe
net oor die bultjie vir jou sal gee
-
Hierdie is pragtige positiewe woorde wat jy aanmekaar gestring het om so lieflike gedig te ryg. Ek het dit geniet, die gedig lees so lig en vrolik.
-
Baie mooi..
-
Lief lief die gestringde sinne (pragtige uitdrukking Anastasia) waarmee Elle vir ons die rustigheid van die toneel weergee. Hierdie ene smeek vir hardop voorlees. Ek sal enige tyd my stoeltjie nadersleep en vra vir nog!