Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 13, 2015, 01:35:51 PM

Title: Skeppend
Post by: Elsabe Oosthuizen on July 13, 2015, 01:35:51 PM
Die skilder se hart op doek uitgestort
dit vloei in verfkwas pastelle
skeppend van Bo geïnspireer
deur gees     seën
waar kanaal     uitlaatklep
lewe     kontak verbind
    `n kleurkomplot
een meesterstuk word
Title: Re: Skeppend
Post by: Anastasia on July 13, 2015, 04:08:34 PM
Pragtig.  Wat laat my dink jy skilder self, met die dat jy dit so mooi beskryf en omskryf?
Title: Re: Skeppend
Post by: Angelica on July 13, 2015, 06:38:24 PM
Ja, Elsabe, is jy ook 'n skilder?
Kom wys, asseblief...
Title: Re: Skeppend
Post by: Meraai vannie Baai on July 13, 2015, 10:49:30 PM
 :hello2: :notworthy: My plek geboek!Wil ook sien groot assebliefie.
Title: Re: Skeppend
Post by: Ans Botha on November 27, 2015, 05:20:20 PM
Sal ook graag wil sien. Net 'n skilder kan so 'n gedig skryf.
Title: Re: Skeppend
Post by: Elsabe Oosthuizen on December 11, 2015, 02:29:45 PM
Nee, nee kan nie eers 'n stokmannetjie teken, dis my sus se afdeling. Het wel groot waardering. Ek is mal oor natuurtonele veral bome en veral as die boom 'n lekker sitplek onder hom het. My fotos is ook altyd van 'n besondere boom wat met my praat.
Title: Re: Skeppend
Post by: PM on December 11, 2015, 03:03:17 PM
Dat jy begrip vir die kuns het is duidelik.  Ek wens jy wil vir ons 'n paar fotos plaas.