Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on July 12, 2015, 12:10:41 PM

Title: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Angelica on July 12, 2015, 12:10:41 PM
Aquarius op Woes - 02/08/2009

die nag gooi sy spikkeltjie-kleed teen die hemel vas
diamant splintertjies op donker fluweel

geheimpies...
wat net oopmaak in die nag
soos gogga-vlerkies

die maan kyk stil-stil toe
skud net sy kop

+++

Ek sou natuurlik dit in 2015 SO doen:

Geheimpies vou oop
soos goggavlerkies
terwyl die nag sy spikkeltjiekleed
teen die hemel gooi
Swarovski op blou fluweel
Die maan kyk nuuskierig toe...
skud net sy kop

 :dontknow:





Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Meraai vannie Baai on July 13, 2015, 05:32:31 AM
Lief dit!
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Anastasia on July 13, 2015, 04:10:04 PM
Beide is pragtig, Angelica.  Maar ja, snaaks, ek kyk ook soms na baie jare na gedigte van my en vind ek sal dit ook nou heel anders aanpas.  Seker maar hoe ons 'evolve'
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Angelica on July 13, 2015, 06:32:24 PM
Baie dankie Meraai en Anastasia.
Beslis soos ons 'evolve'.  Ek wil soms my kop onder die bed druk vir die goed wat ek toentertyd geskryf het.  Maar ons groei en word (hopelik) beter met woorde.

Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Meraai vannie Baai on April 26, 2016, 03:50:25 AM
Hiehiehie, lees ek weer oor 'n gas se skouer en giggel vir hoe ons begin kruip het tussen lyne/verse en nou't ons al so ewe twee pronk koffietafel-albums om onder ieder en elk se neus in te druk  :hello2: :book1: :icon_salut:
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: PM on April 26, 2016, 09:14:19 AM
Dit is beter, maar die aanvanklike gedagte is nog steeds skitterend. 
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2019, 05:06:02 AM
Jy was 'n slagoffer van die woorddief Engeltjie  :toothy4: :angel8: :headbang:
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: PM on March 12, 2020, 03:07:24 PM
Ek kyk soms na my skryfwerk en wonder wie het dit geskryf . . .

Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Naas on September 25, 2021, 08:29:39 PM
Dit is ongelooflik om te dink dat die hele HAT uit 26 letters saamgestel is.
Wanneer ons begin skryf gebruik ons woorde soos wat kinders begin praat. Soos ons skryfwerk groei kom ons agter dat die woordeboek eintlik net die punt van die ysberg is. Eers dan sprei ons vlerke en sweef ons soos 'n arend op totale ander vlak as die normale woordorde.
Gaan kyk waar staan PM se olipoesterfant in die HAT of soek op vir olikrokkenosterstruiswyfkuiken.
Ek weet dis nie sinmaak woorde nie maar... Daai woorde loop en vreet groen gras hier op die forum en in konteks maak hulle hul eie sin.
Maar... As ons ophou skryf hou ons skryfverbeelding (nerens in HAT) op met groei.
Ons bespreek skryfreels en wanneer ons die reels ken breek ons hulle om nuwe betekenis aan ons skryfwerk te gee.
Jy kan nie die breek van reels sinvol gebruik as jy nie die reels ken nie. Jy kan nie sin maak uit die ordelike breek van reels as jy nie die reel self verstaan nie.
Hier het ons in sommige opsigte al verby die hoogste standaarde in taal gevorder. Hier kruip juweeltjies weg tussen forum lyne.
Ek se nou vir julle, as ons gaste hulle taal wil verbeter moet hulle hier aktief begin deelneem.
Sonder baklei en tong in die kies-ernstig groei ons.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: adele on September 25, 2021, 10:09:46 PM
Beslis, Naas, dit sal darem lekker wees as klompies vriende saam kom kuier, griffel en gesels, op gereelde basis. Dan...
Ons bespreek skryfreels en wanneer ons die reels ken breek ons hulle om nuwe betekenis aan ons skryfwerk te gee.....
Mal hieroor, ek steel dit om verder te deel...  :toothy4:  :hello:
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2021, 08:41:05 AM
Sonder baklei en tong in die kies-ernstig groei ons. Ek kan net skryf Amen op hierdie kosbare woorde Naas!

Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: PM on October 03, 2021, 10:08:26 PM
Ja, groei is die antwoord.  Ek dink nou maar net, 10 jaar terug was ek net 70 kg! 
Title: Re: Gisteraand se Geheimpies..
Post by: Assie on October 04, 2021, 06:05:57 AM
Ta PM is reg. Ons was minder maar die beste groei gebeur in die skedel.
Van rympies na gedigte...

 :mumum: