Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 07, 2015, 03:44:10 PM
-
Sonneblomgesiggies
groet vanaf die hektaar
in geselskap van kreatiewe wolkfigure
wit pienk pers in kosmos pastel
soos vlinders ritmies
in klank harmonie getel
vir die oog 'n sagte liefkosing
beeldend teen grassaad aangenestel
vrygewig verniet
wit pienk pers
windmelodie dartelend vry
'n vlugroman
teen horison geskryf
wit pienk pers
'n taal van liefde geraak
selfs die poësie van lentereën
kom jou hart opraap gee vlerke
vir jou alleen
-
Pragtige woordspeling. Ek soek lirieke vir die een.
-
Mooi mooi mooi :love7: :notworthy:
-
Ek sien sommer daardie mooie vlinder kosmosse. My gunsteling blomme.
-
Mooi geskryf Elsabe.