Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on July 04, 2015, 06:19:37 PM
-
Sal JY?
-
Dis regtig wonderlik as jy jou baba borsvoed. Regtig. Dis die beste voeding ooit vir 'n baba. Enige baba van enige vorm van lewe... Ek bedoel nou, mens en dier.
Maar regtig? In die openbaar?
Jy kan maar kombersies of doekies oorgooi, maar jy ontbloot jouself nog steeds. En wie wil nou jou kaal bors sien? Huh?
Ek wonder oor waarom Mammas nie maar vir Baba kan voed voor sy straat-in of restaurant-in of waar ookal. Waarom wag tot sy in die openbaar is?
Om 'n punt te bewys? Watse punt?
Sal manlief gemaklik wees daarmee as jy jou bors vir die publiek oopgooi om te aanskou?
Sal jy op enige ander tydstip, soos op die strand, in die winkel, by die spreekkamer, in die restaurant, op die parkbankie sit en jou bors uithaal en voortgaan met die lewe? Sal jy? Regtig?
Ek glo nie. So, waarom wil jy dit andersins doen?
Voed jou baba klaar by die huis en gaan doen dan jou dinge.. Sekerlik sal jy dit binne vier ure gedoen kry.
-
Ek stem saam. Dit laat my as man ongemaklik voel want ek weet nie waar om te kyk nie. Uit eet is in elk geval nie goed vir die baba nie.
:icon_bigsmurf:
-
Mans sal altyd kyk na 'n dame se bors/-ste. Juis daarom dink ek dis inappropriate vir enige Ma om haar bors uit te haal en haar baba voed.
Of dit nou 'n swart/bruin/wit/pienk/geel bors is met areola's van donker pienk/donker swart/donker bruin.... Dis absoluut nie mooi nie.
Wanneer word 'n ontblote bors 'n intieme deel van jou liggaam en wanneer word dit nie?
Waar in jou binneste en wat laat jou die besluit neem om die swaai te maak van JA, ek borsvoed in die openbaar en NEE ek doen nie?
Ek is altyd geinteresseerd oor WAT mense se besluite bekragtig.
Ek het gelees van 'n familie-restaurant wat die ontbloting van die vroulike bors en voed van babas verbied. En met reg. Want dit sal my totaal en al aan my koffie laat stik.
-
Borsvoeding in die openbaar is ook nie vir my nie. Dit voel voorbarig en onvanpas.
-
Naas, wonder wie het jou pun gevang. Uiteet vir die baba. Ha ha. Uit eet. Ek kry dit.
-
Dit is nou maar so dat almal nie in dieselfde kategorie val nie. Deesdae se babas word ook op "aanvraag" gevoed en het dus nie vasgestelde ure nie.
Dit pla my geensins wanneer ek 'n mamma in die openbaar sien borsvoed nie. Dit is vir my tog te wonderlik om nog mammas te sien wat borsvoed.
-
Van borsvoed gepraat. Wie van hulle het ge-eet dat Bowzer (van Sha Na NA faam) Dolly Parton se seun was. Sy hou tot vandag voel dat hy nie tydens borsvoeding geblaas het as hy genoeg gehad het.
:icon_bigsmurf:
-
Ha ha Naas. Jy darem. En lyk my jy wou saam eet of blaas, want instede van vra: wie van julle het geweet - vra jy wie het ge-eet. Hie hie.
-
Die verdomde tikker van my wat woorde sonder my toestemming verander. Nee wat, Dollie is nie my tipe nie. Hopeloos te veel morsvleis en ek hou niks van mors nie.
:icon_bigsmurf:
-
Do any of us enjoy it when stared at when we eat? As far as I am concerned I just ignore what I'm seeing and in my opinion it is very rude to stare. In any case it is a most beautiful sight seeing a mother nurturing her baby.