Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 28, 2015, 03:05:03 AM
-
Jinne, maar julle is mooi
gooi ek die woorde in die bondel spikkelhoenders.
Ek hou sommer baie van julle kleurpalet, sê ek
Lêlle en bêlle is pragtig in...
violet, sê hy
Lyk vir my eerder na aqua, sê ek
whatever, sê hy
Waar gaan julle heen?, vra ek
Stap om die dam soos jy, sê hy
Nie op jou bek geval, sê ek
Nou hoekom is julle voete so vuil?, vra ek
Paadjie is vol modder, sê hy
Nou waarom stap julle nie om die modder nie?, vra ek
Paadjie is die paadjie, sê hy
Daar agter lê klomp mielies gegooi, sê ek
Ons weet, sê hy, Kolgans het gesê
Verstaan jy dan wat Kolgans se?, vra ek
Natuurlik, sê hy, ons is voëls van enerse vere.
Kom ek agter, sê ek
Ek soek 'n spikkelveer.
Kom kry wanneer dit uitval, sê hy.
Wanneer is dit?, vra ek
Wanneer die seisoen draai.
Eers dan?, vra ek.
Vra vir Kolgans 'n veer.
Ggghhhh, ggghhhh, se Kolgans vir Mevrou
Kolgans, sê ek, ek soek jou veer
Om wat mee te doen, vra Kolgans
Vir 'n boekmerk, sê ek.
Eers as die seisoen draai, sê Kolgans.
Aag gaan tjorts in die water, sê ek.
Ek doen alreeds, sê Kolgans.
Ek loop, sê ek.
Suits me fine, sê Kolgans.
Onbeskof, dink ek
en vat die modderpad.
++++
-
Hiehiehie, ek het nou al kekkelende heerlik saam jou gestap. Glad nie op jouse bekkie geval suster :headbang:
-
Lig en verfrissend! Het dit regtig geniet. As jy hier kom kuier kan jy elke dag loop en vere optel. Patryse en ganse en tarentale. Nog ander ook. :bootyshake:
Ek het al 'n paar ystervarkpenne opgetel.
-
Dit nou gate uit geniet... Se ek.
:icon_bigsmurf:
-
Ek plaas ook hierdie op FB en 'n oud-skolier vriendin op Oudtshoorn se ek moet asseblief!! 'n brief skryf vir die Hadeda's wat so raas in die bome op hul erf...
Ek soek nog net 'n kombinasie van letters om daai verwoede geskree van hulle te verwoord.
Iets interessant wat ek gehoor het oor Hadeda's:
Hulle het opvangertjies (??? :) ) in hulle oe wat baie meer lig sensitief is as bv duiwe s'n. Daarom skree hulle al vroeg soggens as dit nog vir duiwe (en mense) donker is.
Ek hou van alle diere-geluide. Net nie 'n :grommit:-geblaf heeldag nie. Ek wil sommer Helium in hulle ..... kele inpomp.
-
Jy moet bietjie die hadida's dophou. Hulle skreeu net as hulle vlieg want hulle ly aan hoogtevrees.
:icon_bigsmurf:
-
:toothy4:
Hulle lag vir jou dak en geute wat so vuil is...
-
haa-haa- haa-de-dah
maak daai "glanshoender"
hy vra maar net waar 'n wurempie skuil
terwyl hy nagsê vir oupa uil
en 'n nuwe dag in boender.
-
Net so, PM!!!
:snorting:
-
Kyk, ek het my darem nou verlustig op hierdie erf met sy spikkelhoeners en hadidas wat ly aan hoogtevrees. PM, ekke liefffff jou gediggie.
Elle, jy moet asseblief nog sulke geselsverse skryf. Mal daaroor!!
Sluip ek gou terug met 'n boodskap:
:book1: Jy was die slagoffer van die woorddief :notworthy:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.0
-
Kostelike kosbare kleinnote.