Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on June 20, 2011, 12:17:46 PM
-
Toe Skurwekop ons omdop
Verwoeste winde wat deur my liggaam waai.
Gesigte van vergete wat om berge kraai.
Lig ons op in die wete dat vriende byderhand is.
Staande loop water vloede deur die draai,
op soek om verwoesting te saai.
Duursaam bly ons in die verwoede wind.
Stygend, hygend borrel die stroom nader en nader.
Wagtend vir die noodkreed wat vergader
by wakende vlamme.
Laggend, word díe dag gebreek
en môre se beplanning bespreek,
vroeg oggend word daar ingekruip.
So het ons dag tot ‘n stilstand gekom,
met winde wat skreeu in my oor drom.
Het dit ons verstom!
Saam staan is iets wat nie gekoop word nie!
Ware vriende word nie sommer net gebore nie!
Dis met dankbaarheid ~ Dankie
© :angel12: