Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 17, 2015, 08:48:56 AM

Title: Kleinkoekies vir Resepteboek
Post by: Elsabe Oosthuizen on June 17, 2015, 08:48:56 AM
KOFFIE KOEKIES

Bestanddele:
8 koppies meelblom
2 Koppies suiker
1 1/4 lb botter
3 teelepels koeksoda
11/2 koppie koffie ekstrak
1 blik goue stroop
1 teelepel vanilla

Metode:
Smelt botter en suiker. Gooi stroop by en roer goed. Gooi koffie ekstrak by, dan die vanilla essence en voeg laaste die meel by. (Gebruik outydse koekiemeule). Sit twee, twee opmekaar met appelkooskonfyt.

Ouma Bettie se soetkoekies

Bestanddele:
12 koppies koekmeel
1 lb botter
8 eiers
8 teelepels bakpoeier
5 koppies suiker
1 koppie klapper
Vanilla essence

Metode:
Roer suiker en botter tot room. Gooi eiers by. Meng meel en bakpoeier en roer dit in tot 'n  Stywe deeg.

Gemmer koekies

1 lb Margerine
6 Koppies Koekmeel
4 Koppies suiker
1 blik Goue stroop
5 eiers
3 Teelepels kremetart
3 Teelepels Koeksoda
3 Teelepels Gemengde kruie
3 Desertlepels fyn gemmer (ek dink dit is maar soos jy voel)

Metode:

Vryf Margarine in meel in
Voeg die suiker by en meng goed.
Voeg dan al die droë bestanddele behalwe die koeksoda, wat eers met bietjie melk gemeng word en laaste bykom.
Voeg nou stroop en goed geklitste eiers by en dan koeksoda.
Knie goed deur en laat staan 'n rukkie.
(Dit is dalk nodig om nog meel by te voeg) die deeg moet nie pap wees nie.
Maak jou stroop effens lou dan voeg dit maklik by.
Maak bolletjies, sit in pan en gee 'n ligte drukkie met vurk se agterkant.
(Hierdie resepte is nog in my oorlede Ma se handskrif geskryf) Hoop jul kan dit gebruik!

Title: Re: Kleinkoekies vir Resepteboek
Post by: Meraai vannie Baai on June 17, 2015, 10:10:30 AM
 :icon_biggrin: :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: Kleinkoekies vir Resepteboek
Post by: PM on June 22, 2015, 11:08:33 AM
Dankie Elsabe.  Raaitjie, is jy nog die "toetskombuis met foto's"? 
Title: Re: Kleinkoekies vir Resepteboek
Post by: Meraai vannie Baai on June 22, 2015, 11:26:13 AM
Positiewe ja. Ek's in  :icon_salut: :notworthy: Skreeu wat ek moet doen hoor.
 
Title: Re: Kleinkoekies vir Resepteboek
Post by: PM on July 01, 2015, 02:41:14 PM
Ons sal sekerlik foto's nodig hê?  As jy 'n paar resepte wil maak en foto's daaarvan neem sal dit wonderlik wees.
Die ander moet ook asseblief hul inset lewer.