Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Anastasia on June 16, 2015, 05:12:48 PM

Title: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 16, 2015, 05:12:48 PM
Ek weet nie of ek op die regte plek kom spoeg en plak nie, maar ek wil net vir julle kom hallo se, die wat ek dalk van ander lankal af geken het, en ook al die ander wat ek nie ken nie.  Ek beplan om lekker weer hier saam te kuier.
Title: Re: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 16, 2015, 05:50:42 PM
Ai, ek loop hier by se selwers alleen in die gange van die forum rond, nog niemand het my eens geantwoord nie.  Maar ek lees en lees en lees die vorige geselsies, en dan onthou ek so waarom ek die forum so gemis het. Ek voel soos 'n lankverlorene wat tuis gekom het.  Naas, jy het nog niks van jou snaaksheid verloor nie.  Hier en daar lees ek mense raak wat ek so goed geken het.  Ek sit met 'n tikkende toontjie en wag om met julle te kan babbel.  Intussen loop en wandel ek maar nog solank hier in die lee gange. :walk:
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 16, 2015, 11:08:24 PM
BOE!  :icon_biggrin: Moenie skiet nie, is net ek hoor. Lekker giggel ek nou vir jou Anastasie. Julle dwaal mos as ek slaap en visa versa. Elke dag wandel ek so deur die gange. Volg die besoekers soos 'n skaduwee en loer saam oor hulle skouers na die plasings.
Title: Re: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 18, 2015, 07:04:33 AM
Dis maar stil hier, raaitjie?  Is dit maar altyd so?  Dis jammer.
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 18, 2015, 09:40:40 AM
Sniksnik. Jy merk reg op. Baie stil. Dosestilte soos PM altyd beduie het  :icon_biggrin:
Title: Re: Goeie dag
Post by: Naas on June 19, 2015, 11:55:57 AM
En so raas die verdomde stilte mos maar as mens wil he dit moet bietjie eggo. Ek loop deesdae sagvoet deur die gange om nie die slaappille wakker te raas nie. Ek dink as ons weer bietjie meer begin gesels sal die ander spokies dalk saggies en teer uit hulle doppies klim en saam gesels.
My probleem was mos nog maar altyd dat almal my vir 'n grap vat maar so tussen die trane deur lag ek maar saam met hulle... soms... soms nie... aag miskien altyd.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2015, 01:14:21 PM
Sal dit nie wonderlik wees as ons weer so kan saamkuier soos van ouds nie! Nou krap ek kop oor my leesteken, moet dit nie 'n vraagteken wees nie?  :icon_bigsmurf: Naas of jy saam lag of huil, sakie makie. Dit lekker om gedagtes/grappies en en en... te deel. Soms maar goed eensaam diekant so ek verwelkom enige saamkuier tussen die forumlyne  :icon_salut: Skud daai slaappille so paar keer op en af as jy weer ganglangs kom Naas!
Title: Re: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 19, 2015, 03:06:04 PM
Baie dinge het vir my verander, maar een ding wat konstant bly is my babbelbekkie.  Dalk, net dalk, kuier ons weer hond uit die bos hier.
Title: Re: Goeie dag
Post by: PM on June 22, 2015, 10:33:23 AM
Ons soek mos babbelbekkies hier!  Die lesers en die skrywers?    :icon_biggrin:
Ek hoop ook iets gebeur dat ons weer lekker kan saam kuier. 
As jy wil kan jy vir ons vertel wat het verander in jou lewe.

Ek wag vir 'n landlyn.  Hier in Leeupoort sukkel ons sleg met opvangs.  Vandag het ek opvangs vir die eerste keer in meer as 'n week, dit voel soos 'n maand.  Dit is eers sleg as 'n mens jou rekeninge oor die internet betaal.  Thaba is so 120 kilo's heen en weer. 
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2015, 11:24:43 AM
Kan julle glo? 'n Gas is besig om NOU hierdie onderwerp te druk. Daar is lewe op die forum. JIPPIE :hello2:

Guest   11:17:44 AM   Printing the topic "Goeie dag".
Title: Re: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 26, 2015, 02:17:32 PM
Waar en hoe lees 'n mens hierdie inligting?  Jy klink soos geheime agent 007 van die forum.  :dontknow:
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 28, 2015, 10:44:45 AM
Heel onder op die lys is daar Forum Stats waar jy kan sien hoeveel posts daar is en wie is ons laaste nuwe gas, onder dit is Users Online, as jy daar kliek kan jy sien watter onderwerpe gelees of gedruk word. As jy aangeteken is dui dit jou naam aan andersins is dit net besoekende gaste wat meestal net lees en ampertjies nooit woordspoortjies vir ons los nie. Maar weens hulle besoeke kry ek kans om oral weer saam te lees wanneer ek tydjie steel vir die Forum.

Daar kan jy ook sien watter onderwerpe watter tye gelees is. Ek het die volgende 'gecopy' van die onderwerp nadat ek gekliek het.


Guest   10:41:09 PM   Viewing the topic 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie).
Guest   10:40:58 PM   Viewing the topic 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie).
Guest   10:40:45 PM   Viewing the topic 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie).
Guest   10:40:38 PM   Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest   10:40:30 PM   Viewing the topic 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie).


Title: Re: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 28, 2015, 10:53:31 AM
Baie dankie, Meraai.
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 28, 2015, 11:07:51 AM
Plesier hoor. Ek geniet dit om daar te loer. Kon jy dit kry?
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 28, 2015, 11:08:36 AM
Jy moet heel eerste op die Afrikaanse Forum kliek sodat die lys van verskillende afdelings verskyn. Ek het hierdie nou nou net beloer terwyl ons altwee aanlyn was.

User   Time    Action
Online Meraai vannie Baai   11:08:07 AM   Viewing Who's Online.
Guest   11:05:15 AM   Viewing the topic Als-in-een droomman.
Guest   11:04:24 AM   Viewing the topic Pollenys, Pollenys.
Guest   11:01:46 AM   Viewing the topic Die lekkerte van kleintydse onthou.
Guest   11:01:39 AM   Viewing the topic Gebakte eiers.
Guest   10:55:23 AM   Viewing the topic Die kappieteken ( ^ ).
Guest   10:55:10 AM   Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Online Anastasia   10:53:32 AM   Viewing the board Kom kuier saam.
Guest   10:53:23 AM   Viewing the topic Dadelblokkies vir die soettande.
Pages: [1]
Title: Re: Goeie dag
Post by: Angelica on June 28, 2015, 05:17:59 PM
Klink vir my Latyns.
Title: Re: Goeie dag
Post by: Meraai vannie Baai on June 29, 2015, 04:34:29 AM
 :icon_biggrin: Nope - net insig agter die skerms om te sien waar dwaal die naamloses en dan besef 'n mens die forum word nog gereeld besoek. Ek kan nie een keer onthou dat ek ooit die enigste persoon was wat aangeteken was (en ek dwaal in julle nag mos hier rond lol) en voel dan nie so alleen nie  :notworthy: Daar's geeste aan't lees. Viva die forum leef  :bootyshake:
Title: Re: Goeie dag
Post by: Angelica on June 29, 2015, 04:49:29 AM
Dis goed.  :headbang:
Title: Re: Goeie dag
Post by: Anastasia on June 29, 2015, 07:04:50 AM
Dis goed om te weet.  Ja, nie almal het 'n behoefte om saam te kuier nie.  Ek lees soms dinge op facebook waar ek nooit deel aan die gesprekke het nie.
Title: Re: Goeie dag
Post by: PM on July 01, 2015, 01:24:18 PM
Dit sal wonderlik wees as ons weer almal saam kan kuier.  Ons het beslis meer lesers as skrywers, maar nou ja, almal kan nie skrywers wees nie.   :dontknow: