Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on May 22, 2015, 05:30:39 PM

Title: wanneer mense omgee
Post by: adele on May 22, 2015, 05:30:39 PM
Gisteraand het die tranewal weer oorgeloop ...

Julle weet mos ek bly alleen tussen al die ander werkers hier langs die oord en hierdie week kuier skoondogter en twee kleingoed hier. Maar Anton, die wag by die hek het nie geweet hulle kuier hier nie; hy was nie Maandag aan diens toe hulle my by die kantoor kom groet en sleutels kry het nie. Die kollegas weet seker ek sukkel soms om deur die alleenlewe te worstel, maar wys nooit iets daarvan nie. Hy noem my 'Ouma'

Wel, gisteraand net na donker, moet hy die hek sluit en huistoe gaan, maar ons beurt-sonder-krag was daardie tyd net-net verby. Anton bel my om iets te reël en hy hoor JC roep na my en vra wie is dit. Ek sê dis JC wat hier kuier. Hy vra van wanneer af en ek sê Maandag al. Ontsteld vra hy my dan wie kyk na hom by die huis. Eers terg ek dat ek hom alleen los maar vertel toe dat Carlien en babasussie ook hier is.
Hy antwoord ... Dis goed ouma, want nou is jy paar dae nie so alleen nie ...

sy woorde het my so onkant gevang
Title: Re: wanneer mense omgee
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2015, 10:59:51 PM
Ai Adele! Wens so ek was nader. Alleenwees is een van die dinge wat ek die meeste vrees in my lewe. Saam met Anton dankbaar dat Ouma vir 'n paar dae nie so alleen gaan wees nie  :love7:
Title: Re: wanneer mense omgee
Post by: adele on May 25, 2015, 03:43:51 PM
ai liefste Raaitjie ... dankie vriendin.
Ja, eintlik moes ek gesê het nie sy 'woorde' nie, maar die omgee in hul harte daarmee saam, wat my so onkant gevang het.

En het ons nou al gekuier, so tussen my werk deur en elke aand ... en saam met JC val ek elke aand doodmoeg inni bed. Ma Carlien en klein Melienke rus [hopelik] lekker. Ek is bevoorreg dat sy hier wil kom kuier.
Title: Re: wanneer mense omgee
Post by: Fransi on May 28, 2015, 09:02:40 AM
 :love7: Pragtige omgee.
Title: Re: wanneer mense omgee
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2015, 10:08:39 AM
Mooiste kiddies en ek stem saam met Fransi, pragtige omgee  :love7:
Title: Re: wanneer mense omgee
Post by: PM on May 31, 2015, 11:47:37 AM
Omgee is so kosbaar en jy verdien dit Adele.   :love7: