Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on April 26, 2015, 06:54:24 AM
-
Ek lees van die Vulkaan-uitbarsting in Chili en 'n paar dae later die massiewe aardbewing in Nepal en ons hier in die verre Suid-Afrika voel ligte trilling in die myne aan die Oos Rand...
Ons dink aan Weste en Ooste en ons hier in die middel..
Dit laat ons besef / weer besef hoe verskriklik nietig alles is. En hoe 'n groot eenheid ons planeet is. Alles tot eenheid verbind.
Ek lees ook 'n paar weke gelede van 'n nuwe eiland wat op daardie tydstip 'gebore' is. Ons planeet sal nooit ophou om te verander nie. Gedurig is daar dele / eilande wat bykom en ander wat weer verdwyn. (Dink aan aardverwarming en stygende waters.)
Dis net ons hier bo-gronds wat nie kan verbind met mekaar om 'n groot eenheid te vorm. Verskillend, maar tog so eenders.
-
Kain slaan vir Abel. Josef skreeu hoera. Moses gryp die roomyskar en sit hom agterna. Hierdie kinderrympie kon by my op na jou diep pleasing.
Niks wat die mensdom doen maak sin nie.
:icon_bigsmurf:
-
Voorwaar 'n diepdenkende plasing Elle. Naas ek het nog nooit daardie rympie gehoor nie :icon_biggrin: Ons al hierdie dinge oor die nuus gehoor terwyl ons verlof hou en is geskok en dink aan die der duisende gesinne wat geraak is. So skielik en niks kan dit keer nie!
-
Dink nou net almal is almal se pĂȘl, waar sal ons plek kry om al die kinders te huisves? :evil6:
-
Op Nkandla. Daar staan ses drie miljoen rand huise leeg. Volgens Zuma is dit vir die kinders wat nog kom.
:icon_bigsmurf: