Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on April 16, 2015, 10:32:12 AM
-
Ek was nou lank stil en in my dop... of was el nie stil van die dop... Kom ons se maar "dopstil" en hou daarby.
Toe ek nou weer hier 'n draai kom gooi besef ek hoe verslawend hierdie forum vir my is.
Elke keers as ek internet aansit kyk ek my E-posse en voor ek my kan keer kom kyk ek eers hier of daar niks nuuts is nie.
Meeste kere word ek maar teleur gestel want die plekkie het baie stiller geword maar dan isc daar weer so 'n ou blou pilletjie wat se "NEW" en dan klop my hartjie weer choklits in afwagting...
:icon_bigsmurf:
-
Hahahaha, Naas net vanaand het ek weer besef - ons het almal 'n kuierplekkie nodig. Al is dit in forumformaat. Ly aan dieselfde verslawing matertjie :icon_bigsmurf:
-
Van watse 'blou pilletjie' praat jy nou?
Naas... ek het een van jou oud kollegas ontmoet. Sommer dadelik van haar gehou.
-
Watter een. Hulle was almal goeie mense.
:icon_bigsmurf:
-
'Watter een'...??
Praat jy nou van die blou pilletjies?
Amanda..
-
Nee die kollega.
As jy soek vir unread posts dan is daar so ;n blou pilletjie langsaan wat se "NEW"
:icon_bigsmurf:
-
Naas, nou kom ek laat jou reg agteroor slaan soos Eli van ouds, deur die een te wees wat hier vandag vir jou kom hallo seg!!!!! :wave:
-
:hello: :toothy4: Ek het vir ons polisiekoffie saamgebring en so ietsie om aan te kou.
-
Ek het die koekies gebring en 'n "mit" vir die koffie teen die koue. :toothy4:
-
Ai, my grootste droom sal wees dat dit soos in ouds moet wees dat ons weer heeldag hier kuier. Glo my, ek het dit nog nooit so nodig gehad in my lewe as juis nou nie. :hello2: :hello2:
-
Diekant van die aardbol smag ek ook na saamkuier tussen die lyne :icon_salut:
-
Ons sal so maak, ek wens net die po-po-poskantoor wil nou vir my 'n lyn gee!