Hierdie sekstet rymstruktuur is geskep deur Harrisham Minhas. Die laaste letter van die eerste woord in elke reël, word herhaaldelik die eerste letter van die eerste woord, in die volgende reël. Rymskema: ababab.
Voorbeeld:
Ongemerk kriewel irritasies,
karig geklee in misnoeë
Goudborduurde fieterjasies;
effens verskuil tussen teorieë
Soms word hierdie situasies,
slu verwoorde biografieë!
©Meraai vannie baai
Dankie Raaitjie, dit lyk na 'n heerlike uitdaging. 'n Pragtige voorbeeld! Gee net kans, ek sal myne bring.
:icon_salut: Ek weet dit is die moeite werd om geduldig te wag op jou ABC's :bootyshake: