Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on February 25, 2015, 08:03:10 PM
-
Bokkoms. Bietjie potent na my smaak.
Lewies, hoe droog mens bokkoms?
Sardiens...
Hy moet baie vinnig op warm kole gaargemaak word. Die graatjies is lekker sag en propvol Kalsium.
Olyf olie en suurlemoensap en S&P en parsley. Vandat daar net Ingels op die houers is, weet ek nie meer wat is Parsley in Afrikaans. Jammer.
Kry daai vuur aan die gang en die kole moet warm wees.
Smeer die sardiens met olyf olie en gooi sout op sy stert... nee, wag, oor die hele vissie.
In 'n bakkie meng jy die parsley en die suurlemoensap en res van olyf olie en as jy knoffel eet, kneus hom so bietjie en gooi in. Ek se, hou verby met knoffel.
Braai die sardiens so vir 15mins, draai kort-kort om tot die velletjie lekker krakerig is en die vleis mooi wit en gaar.
Smeer van die inhoud van die bakkie oor die vissies en as jy opdien, gooi die res van die bakkie-inhoud oor.
Sit voor met suurlemoen-skyfies.
-
Bokkoms is mos maar vis biljong.
die harders word in n sterk pekel water gesit vir n dag of drie. wanneer hulle uitgehaal word, word hulle in vars water afgespoel en dan word hulle ingeruig deur hul oe, en opgehang op droograkke om droog te word innie son en wind. saans word hulle ingebring dat hulle nie kan klam trek nie.
dit vat so n paar dae na n week of so vir die vissies om droog te word. en walla!! jy het bokkoms
-
Wreed. So deur die oe. :nono:
-
Is ek nou wraggies dankbaar ek is nie 'n bokkom nie :toothy4:
-
:laughing7: Meraai...
-
Ek sou hoop die bokkom is klaar met kees voordat hy ingeryg word. :icon_biggrin:
Dankie Louis.
Els, hier waar ons is, is dit 'n saak van onmoontlikheid om vars seevis te kry.
Langs die paaie staan die visverkopers met vis uit 'n dam vol rioolwater. :crybaby2:
Dalk wil ons einde Augustus 'n draai in die Weskaap maak, dan kan ons by 'n barmhartige samaritaan gaan vis eet.
-
Vars bokkoms... Aai aiai. Dis die lekkerste lekker as jy hulle fillet en met eier en meel degie in die pan bak. (maar dit moet Veldrift se bokkompies wies. Die nner pgaat nettie soe lekka mettie tongie.
:icon_bigsmurf:
-
PM, as julle hier verbykom en ek kry julle nie te sien nie......!!!!.... gaan julle dingisse toegroei.
:pottytrain2:
-
Ha-ha-haaaa! Ek sal beslis van ons laat hoor. Wie wil nou 'n toe dinges hĂȘ. :toothy4: