Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on February 21, 2015, 01:27:06 PM
-
Oulike Blog...
http://www.lekkeslaap.co.za/lekkeslaap-blog/die-mooiste-moedertaal/
-
Atta patatta, ek het GENIET het hoeka mos my eerste skreeu ewe parmantig in koggel-Afrikaans gegee die dag toe ek gebore is: "WhĂȘ!" :icon_biggrin:
-
WHAAAa... lekker man, lekker
Meraai, praat julle darem bietjie Afrikaans doer onner??
-
Ons kleinkinders verstaan net Engels. Die oumas en oupas aan beide kante is nog pure volbloed Afrikaners. Ons kinders praat in al drie die huisgesinopsette net Engels. Met tweetjies van hulle gesels ons ook saam in Engels aangesien Kiwi skoondoggie net 'ek lief jou' verstaan en so paar woorde wat sy weens die intensiteit in die uitspraak glo verstaan as 'some kind of swearing' :toothy4:
-
Ons kleingoed praat nog Afrikaans, maar ek weet nie vir hoe lank nie. Veral die jongste een, amper drie, wil wil na die Engels oorslaan.
Die twee oudste kleinkinders praat Afrikaans maar met 'n vreeslike aksent. :icon_biggrin: