Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on June 19, 2011, 03:45:48 PM
-
ek hoop dit reën
ek wil plons-voet stap
in die stortreën van jou liefde
wyl druppels met luide plof
op uitgestrekte hande val
opgesuig deur n hart van spons
en les die dors van my dorre siel
ek sien die lewe met nuwe oë
en luister met kinder oor
wyl die gletser van my gisters
se ysige waters nou vrylik vloei
soms voel ek tog teneurgedruk
as ek dink aan wat verlore is
en die kosbare tyd wat verbysnel wyl ek slaap
maar dit word alles weggespoel
deur die liefde van die hede
en die beloftes van more
ek hoop dit reën
-
'Plonsvoet in die stortreen van jou liefde'... pragtig beskrywend. Hoop dat dit nooit nie sal ophou reen vir jou.
-
Wow! Ek dink hierdie opskrif "woordwerke" moet in "woordwonders" verander! Dankie Louis, dit is altyd die moeite werd om jou werk te lees. :hello2:
-
Louis
Ek het hierdie baie geniet - goed verwoord.
-
Pragtig!