Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on January 08, 2015, 06:01:27 PM
-
:hello: :hello2: :headbang: :wave:
Sooo bly om te sien die Forum is weer aan die gang...
-
Hoe gaan ons weer al ons OU ou lede en JONG ou lede betrek?
:`ip2:
Nadersleep. Of miskien een van daai vliee-vangers wat van die dak afhang dat ons weer kan PLAK soos in die outyd.
-
Dit sal wonderlik wees as almal weer wil deelneem en saam kuier. Dit raak ernstig eensaam hier op die "wildsplaas".
-
Waar's die 'wildsplaas'??
Julle moenie so in die bosse bly nie. Die bobbejane sal julle vang.
-
Die dorp is 'n vakansiedorp. :angel7: Die diere loop tussen die huise deur. Die "wet" sê ons mag nie toespan nie, maar soos almal weet is die wet in Afrika gemaak om gebreeek te word. Daar is mense met kleinkinders wat heinings om die huis span sodat die vlak- en bosvarke nie die kinders kan beseer nie. Die diere is wild wanneer hulle babatjies het. Ongelukkig hou dit nie die blouape en die bobbejane uit nie. Jy weet mos besoekers verstaan nie die deel wat sê "moenie die diere voer nie".
https://www.google.com/maps/place/Leeupoort+Vakansiedorp,+South+Africa/@-24.9180491,27.6403284,15z/data=!3m1!4b1!4m2!
-
Right... Nou weet ons waar jy onder die maan en sterre slaap.
Ek huil somme :crybaby2:
Mooi bly.. lief jou.
-
Moenie huil nie, kom kuier. :love7:
Ek lief en mis jou.