Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 12:57:08 PM
-
'n Dak met wolke verbind
sonstrale wat streep skamerig
vir moederaarde so seldsaam vind
aan die soom van Uppington
staan netjiese wingerde eenparig in gelit
geel gras omhels die bos en klip
rantjies in die vergesig
grys groen landskappe vertel van lewe
wanneer voƫlneste op telefoondrade bewe
rooi grond vertel verhale
van spikkel oranje blomkorale
breek deur bos met sy prag
kruip deur die draad
kom haal jou aan die anderkant
jy moet hoor die verhaal
van bosse met wit beloning
net skaap as sy enigste bekoring
kleurspel ruikertjies wit en geel
dit sal jou nooit verveel
in jou hart wil jy hul koester
voordat hul wegvlug
jou gedagtes in warboel kom sink
-
Elsabe, dit is 'n mooi gedig. Probeer om meer orde te skep met leestekens.