Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 12:32:44 PM

Title: Hengelgeesdrif
Post by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 12:32:44 PM
Die stilte voor die hengelstorm
keer op keer
terg brandertjies    ligvoets
wit    wit   tot op die strand se kant
seevoëls sirkel
môre ja môre
sal jul sien
wanneer manne en bliklyf kompetisie
wedywer met katrol versien
stywe lyne   kilogram   en goeie gees
sal bepaal wie wen by dié Visfees
Title: Re: Hengelgeesdrif
Post by: PM on April 14, 2015, 11:12:34 AM
Mooi geskryf Elsabe.
Title: Re: Hengelgeesdrif
Post by: Naas on April 14, 2015, 11:36:38 AM
Jou gebruik van spasies is vir my 'n openbaring. Ek voel letterlik hoe die brandertjies die sand huppelend bestorm.


Pragtag.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hengelgeesdrif
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2015, 05:18:36 AM
Soooo dankbaar ek ontdek hierdie vandag! Lief lief lief die manier waarop jy ons lei met die plasing van jou spasies tussen woorde. Dit skep verrykende beelde  :notworthy: