Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 12:27:16 PM

Title: 'n landskapvariasie
Post by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 12:27:16 PM
Duin en see speel wegkruipertjie
deur woestynlandskap
soms letterlik teen die pad gevee
'n skeepswrak    watergraf
deur tyd verweer
die teerpad kronkel   swart   gulsig
om ons gretig in te lig
     Swakopmund
waar die see
sy gloed kom skilder
en rustigheid
onder sy vingers gelyk wil vee
Title: Re: 'n landskapvariasie
Post by: PM on April 14, 2015, 11:08:53 AM
Ek sien die beelde wat jy skets, dit is baie mooi.