Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 11:57:10 AM
		
			
			- 
				Bos en sand    hand aan hand
 'n verweerde motorband
 vertel sy eensame storie
 langs die pad verpant
 skielik
 vorm kraglyne op die horison 'n teerpad refrein
 uit wydverspreide alleenheid
 verrys Walvisbaai
 koesterend deur sandduine ontbloot
- 
				Bos en sand    hand aan hand  Ek hou daarvan.
			
- 
				So stap ons handsaam deur Namibie se fotoalbum.
 Pragwerk.
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Asemrowend!