Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 08:53:08 AM

Title: Edelstene
Post by: Elsabe Oosthuizen on January 08, 2015, 08:53:08 AM
Fyn    skaam
loer jy broos vanaf die grond
jou edelstene
beskerm deur klip en rots
die sonlig voed jou
glinterend wys die dou
geen daglig sal berou
soos Salomo in sy koningskleed getooi
God se skepping    volmaak     mooi
selfs vir die enkele skaduplant
streel    koester 'n sonstraal
saggies roer die windjie
met prag en kleur
word jy ontvoer