Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 07, 2015, 03:37:36 PM

Title: Nimmer verander
Post by: Elsabe Oosthuizen on January 07, 2015, 03:37:36 PM
Jou gladde nek reik na die maan
vingers groei lustig saam
jy wil aan die hemel raak
stilte    jou wagwoord
alleen     stewig in rotsvas geselskap

Jou regoplyf so effe
deur die wind vertrek
plate potpourisieraad
aan jou voete getuig
die velle son brand swye
in rotsvas graniet
hier is 'n Kokerboomwonderwerk uitgegiet
Title: Re: Nimmer verander
Post by: PM on April 14, 2015, 11:21:27 AM
Kokerboomwonderwerk sowaar.