Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 07, 2015, 03:27:05 PM

Title: Waterkelder
Post by: Elsabe Oosthuizen on January 07, 2015, 03:27:05 PM
Meters    val massas na benede
toekoms   nog verlede
verfrissend   helder
word water gretig in die Troe-Troe poel gekelder
Title: Re: Waterkelder
Post by: PM on April 14, 2015, 11:29:58 AM
Gee 'n gedagte aan "meters".  Dit is mos die massas wat meters val? 
Ek sal graag wil hoor wat sĂȘ julle ander hieroor.  Kom help 'n bietjie asseblief.
Title: Re: Waterkelder
Post by: Naas on April 14, 2015, 11:34:13 AM
Die spasie na Meters skep vir my die afgrond waaroor die water val. Ook daai eerste verbasin g van "wat gebeur nou" voor die besef dat ek val. Weet nie of die digter dit so bedoel het nie maar dit MAAK vir my die res van die gedig.



Title: Re: Waterkelder
Post by: PM on April 14, 2015, 11:42:00 AM
Nou maak dit vir my ook sin Naas.  Dankie matertjie.
Title: Re: Waterkelder
Post by: Naas on April 14, 2015, 11:44:01 AM
Dis my voorreg om jou woordbril te wees.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waterkelder
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2015, 05:16:45 AM
Vir my is die toets om te probeer agterkom wat die skrywer vir ons wou oordra deur dit hardop te lees. Stem saam met Naas hier, jy loer oor die afgrond. Sodra jy as leser jou stem ook inspan val elke plasing soos wat die persoon dit bedoel het in die skeppingsproses. Soos emosies verskil, sal elke skrywer se spasies op ander plekke val.
Title: Re: Waterkelder
Post by: PM on May 31, 2015, 12:32:33 PM
As ek Elsabe se gedigte lees, besef ek dat daar geen "woordbaldadigheid" teenwoordig is nie.   :notworthy:
Title: Re: Waterkelder
Post by: Elsabe Oosthuizen on June 09, 2015, 12:15:10 PM
Baie dankie vir jul kommentaar, ek waardeer dit!