Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on January 07, 2015, 02:57:40 PM
-
Groen geel oranje pers
'n skraal windjie
hardloop met veldbossiereuk
kielie terg jou neusvleuels so ongemerk
met damsluise oop
vind 'n waterskat
gretig sy pad
na die olifantsrivier se kuil
waar vinknessies rustig slinger
tog luidkeels opgewek
die skuimende massa
het hul lankal versigtig ontdek
-
Mooi geskryf.
-
Lief die witspasie wat jy hier perfek toegepas het :notworthy: :hello2: