Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on October 29, 2014, 04:08:21 PM
-
'n Skilder droom
ons Jakkarandastad in volle blom
die een kant verf die skilderkwas moeilike lyne
dit is 'n tyd van studente leerders eksamens
oorvol dagboeke kort humeure
afsprake wat hul tol eis
die ander ligte sagte kant
waar somer in jou gees indartel
staalgrys lamppale 'n sagte violet glans kry
ek sien 'n boemelaar straataf
sy kosbare vrag niksseggend uitdrukkingloos
deur die vorige nag se ongeskonde sprokiestapyt stoot
dalk op soek na 'n koffietjie of 'n straatontbyt
maar niemand het tyd
dit laat my dink en bevoorreg
met 'n vroegoggend blomdankbaarheid na binne vergelyk
-
Oktober maand die mooiste maand, en hierdie gedig ook baie mooi.
Net in strofe 4 lees dit "dis is 'n tyd van" sou dit nie beter lees as jy sou sê "dit is 'n tyd van"?
Dit te veel "S""s" lees moeilik. Maar dit bly 'n mooi gedig. Dankie dat jy dit vir ons toelaat om te lees.
-
pragtige gedig ... daar waar ... staalgrys lamppale 'n sagte violet glans kry ...
dis om dit te voel.
ek dink die "is" moet eerder uitkom uit daardie reël ... dalk net 'n gedagtefout.
Jakaranda ...stad kan ook een woord wees.
-
Ek waardeer julle bydraes. Dit is tog altyd lekker om kommentaar op jou werk te kry. Net jammer daar is so min ouens. :bootyshake: