Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on September 12, 2014, 11:33:00 AM

Title: Vrydagmiddag
Post by: Elsabe Oosthuizen on September 12, 2014, 11:33:00 AM
Ek het na jou verlang
     maar
'n reënboog is teen die hemel gespan

Ek het na jou verlang
     maar
ek sien die eenvoud van 'n mossie
en bruisende vreugde
wil liggies aan my raak

Ek het na jou verlang
     maar
vaal     eenvoudig
     nietemin
uit die tuin van Eden word hul versorg

Ek het na jou verlang
     maar
by my tuiskoms
vlieg die duiwe
versteurd op

Ek het na jou verlang
     maar
jou Japonika plant
groet met rooskleurige oordadigheid

Ek het na jou verlang
     maar
by die voordeur kom sê Pa dag
     ek besef     met 'n dankbare hart
     al is jy ver   my kind
    wees    gegroet
Title: Re: Vrydagmiddag
Post by: PM on October 02, 2014, 09:31:03 AM
Dankie vir die deel Elsabe.   :wave:
Title: Re: Vrydagmiddag
Post by: Ans Botha on October 03, 2014, 08:53:35 AM
Hoe goed verstaan ek nie die gedig nie. Mooi maar vol deernis geskryf.