Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on September 08, 2014, 03:30:48 PM

Title: Die mooi is gekaap
Post by: Elsabe Oosthuizen on September 08, 2014, 03:30:48 PM
Die sonsopkoms kom oorrompel
    dit is     mooi
Jy maak jou hartsvensters wawyd oop
loop op die goudspoor van 'n nuwe dag
    of
neus in die lug
op die suiwer seebries gerig

Die hoogwatermerk se vonds
lê bloot
soos dobbelstene gegooi

    seeslakke
wat 'n glimmer sloerpas omsoom
in finesse agtergelaat
    seevoëls
in trio fyntrap
    iemand
klein     sool of      kaalvoet groot
    grasie
'n natuurgeskenk in ootmoed
    seëspieel
geleen     gelaat
sand     spore
vertel 'n storie
voor die see terugneem
sy voetspore     in eenvoud gekaap
Title: Re: Die mooi is gekaap
Post by: Ans Botha on September 12, 2014, 09:37:51 AM
"'n glimmer sloerpas omsoom" hoe mooi is dit nie. Pragtig Elsabe ek hou baie hiervan.
Title: Re: Die mooi is gekaap
Post by: Fransi on September 14, 2014, 10:45:52 PM
Werklik besonders.
Title: Re: Die mooi is gekaap
Post by: PM on October 02, 2014, 09:29:06 AM
Mooi geskryf Elsabe.   :hello:
Title: Re: Die mooi is gekaap
Post by: adele on December 13, 2014, 11:09:19 AM
mooi gedagtes.