sou jul babaengeltjies gebly het
of sou jul nou uitgegroeide
volwasse manne engelle wees
weet jul dat ek nog treur
elke dag na jul verlang
jul leë plekkies in my hart voel
sien jul nog elke traan
vang jul dit op
bewaar vir my as ons eendag ontmoet
hoor jul elke gebed
smeking kermklaag aan onse Heer
om jul vir my te beskerm
voel jul nog my pyn
van eensaamheid
my leë hart en arms
of kyk jul neer na my
sprei jul jul vlerke wyd oop
in vertroosting en liefde
© ANS BOTHA
Aangrypend geskryf.
Dankie Franci ek waardeer.
Baie hartseer. Ek glo jou engeltjies is veilig. :love7:
Dankie PM. Lekker om weer van jou te hoor.