Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 26, 2014, 10:09:49 PM
-
gee my die kader
van jou liefde
mosaïek die goue grens
van ons minnelewe
met maansteen
en bloedrooi robyn
mannin van my hart
teer beskerm jy
die klop van my lewe
adem ek ’n aandgeur
uit die waskelke
van wilde katjiepiering
eva kom vat my hand
en lei my met jou mee
saam met jou geheimenisse
sweef ek willoos onvry
na die misbanke oor ons
eie vreugdevolle jordaanvallei
-
Jou beelde is altyd werklik baie mooi en roerend geskryf.
-
dankie Fransi :wave:
-
Mooi geskryf Adele. :love7: