Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 25, 2014, 01:52:09 PM

Title: Seisoenverposing
Post by: Elsabe Oosthuizen on July 25, 2014, 01:52:09 PM
Strate stuur boodskappe
     grys bome
in wintergesigte
     weerkaats   stom
gestroop   van alles
in die namiddag son

Hul drink gedwonge
van die vorige seisoen
se somer onthou

Rustend   wagtend
     geduldig
om hul teen die volgende vlaag
     moedig te pantser

Blaaroorblyfsels
lĂȘ   nutteloos
in saamgeharkte hope
soos dagdrome onnodig verspil
Title: Re: Seisoenverposing
Post by: Ans Botha on August 05, 2014, 10:49:10 AM
Hoe mis kan ons nie dit om ons lees nie. 'n Oogoopmaker hierdie gedig van jou. Dankie daarvoor Elsabe.
Title: Re: Seisoenverposing
Post by: Fransi on August 05, 2014, 05:36:52 PM
Besonders geskryf.