Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 16, 2014, 01:48:49 PM

Title: Seisoen-variasie
Post by: Elsabe Oosthuizen on July 16, 2014, 01:48:49 PM
Die goudkwas verf wyd
     vlaktes
laat winter
     onnodig vertraag

Die wolklose lug ets dynserig
die horison
     smagtend   honger

met dorstige verlange
lê skaap en grond
gekamofleer
     braak   gereed   wagtend
vir die lentereën

berge bring 'n laaste sneeuspoor
uit winter oorskiet orent
'n lenteverwagting
onmiddelik deur 'n ysige wind
     verwerp

seisoene   landskappe   grense
     voorregte
bind herinneringe saam
deur die oog van 'n geduldige kameralens
 
Title: Re: Seisoen-variasie
Post by: Ans Botha on August 05, 2014, 10:50:38 AM
Ek hou van jou gedigte. Dit is verfrissend anders. Hierdie een ook, is pragtig.
Title: Re: Seisoen-variasie
Post by: PM on August 27, 2014, 10:14:16 AM
Goed gedoen Elsabe.  Die witspasies sorg vir pragtige ritme.