Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 15, 2014, 03:22:14 PM

Title: Voetspore
Post by: Elsabe Oosthuizen on July 15, 2014, 03:22:14 PM
Voetspore in die sand
nou hier en môre het die see dit verpand
party trap diep
ander is oppervlakkig gebore
party naby en ander weer ver verlore

Party stem uitgelatenheid
sorgloos en vry
ander weer soekend na vrede
waar is die môres    verby

Soms 'n swaar las om te dra
ander lighartig     ontspannend
     niks wat pla

Partykeer wil dit traag wegkwyn
die oomblik van vreugde
     moet geensins verdwyn

Tog nie bestand teen water en wind
geen talm om hul lustig te verslint

Watter voetspore laat ons agter
afdrukke van geloof   hoop
innerlike blydskap   liefde
     wat nie verstoot

of laat die wêreld se hoekoms en waaroms
die talm van vandag
'n gewaarborgde Ewige vrede
     in jou toekoms verwag
Title: Re: Voetspore
Post by: Ans Botha on July 16, 2014, 08:25:26 AM
Ja! Watter voetspore laat ons agter? Mooi gedig wat my nog lank aan die dink gaan he.
Title: Re: Voetspore
Post by: PM on July 08, 2015, 05:00:14 PM
Mooi geskryf Elsabe. 
Title: Re: Voetspore
Post by: Meraai vannie Baai on July 08, 2015, 11:33:45 PM
Lieflik!  :icon_salut:
Title: Re: Voetspore
Post by: Angelica on July 09, 2015, 04:28:44 AM
BAie, baie mooi, Elsabe