Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 14, 2014, 09:43:35 PM

Title: Vir almal wat buite staan
Post by: adele on July 14, 2014, 09:43:35 PM
Here, ek verstaan dit nie?

hierdie lewe is nie maklik nie
maar U is altyd dáár
nie waar U Hemelwoning ver is nie
maar waar U voete op die aarde rus

buite ons warm huise slyt
haweloses verslete deur hulle dae
hulpskuilings roep hosanna
maar verslawings koudketting
daardie kinders van U
aan bome en brugpilare vas

hierdie lewe is nie maklik nie
U gee hulp en troos
huisvesting in winterkoue
waar U voete op die aarde rus

hulle soek nie U warmte nie
Here, of wanverstaan ek dit?

©adéle theron