Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 14, 2014, 03:24:31 PM
-
Jy is geskep
gene chromosome
delikaat volmaakte wese
in die moederskoot
elke nodige detail verweef
gees siel en liggaam
die mens skepsel van God
met soveel oneindige liefde saam verbind
jou lewensverhaal ontvou
en dit gaan goed
Maar dan
'n donker skaduwee
kom skielik onverhoeds
jou hele liggaam skree
oppas
'n onvolmaakte wêreld
soveel seer pyn leed
wat lewens verswelg
betrap onverhoeds
siek lewens vernietigend fisiek
Party wil graag help vergoed
Jy bou liewer 'n skandsmuur
niemand moet sien
die kitsoplossing
moet ek dit verdien
Wat is jy werd
geen toekoms
die stryd lig of duisternis
die gees die werklikheid
jou verwysingsraamwerk net vrees
besluite keuses
net die vyand se slinkshede
die vernieler van die mens
sy wapen so slu
spin sy web van leuens so subtiel
'n nagmerrie manifesteer
statistieke wys depressie
stemme vrae
wie is korrek
wie moet ek glo
Veeleisend verwoesting
Rondom jou 'n vuur wat gluur
Is daar enige kuur
So moeg om alles te verduur
'n donker draaikolk van geweld
dit wil jou verswelg
``O Here help''
die geveg word stil
Sy lig breek saggies deur
``My kind neem My hand
Ek sal jou nooit, ooit verpant''
-
'n Swaar gedig om te lees. Maar hoe goed ken elke ouer nie die inhoud van hierdie gedig nie. Baie goed gedoen.