Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on July 14, 2014, 02:07:02 PM
-
Sy is soos 'n ou boek
te kosbaar om weg te gooi
net dan wil jy haar weer soek
Tussen hoofstukke deur
sorg sy geselsend
oor 'n stomende koppie tee
selfs 'n lekker happie daarmee
Met kosbare verslete bladsye
lekker skerts en lag
hoe gelukkig kan jy jouself tog ag
Kla en verdra
dalk woorde wat pla
vermaan vertel
hoeveel seëninge is daar om te tel
goue ontspannende oomblikke
saam verwyl
haar stemtoon bring bladsye tot verhaal
elke storie sorg vir jolyt
geen wedywer jaloesie
emosioneel wel integriteit
jy vriendin voorwaar vir my 'n werklikheid
-
sy is gelukkig met so 'n vriendin soos jy.
-
Vriendskap is voorwaar kosbaar.
-
Dit is voorwaar soos 'n ruiker vir 'n goeie vriendin hierdie gedig. Pragtig.
-
Werklik kosbaar. 'n Uitstekende titel vir 'n uitstekende gedig.