Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: PM on July 06, 2014, 11:02:27 AM

Title: Baviaans kaal skoonheid
Post by: PM on July 06, 2014, 11:02:27 AM
Elsabe, ek plaas hierdie gedig van jou hier in jou eie plekkie.   :love7:  PM

In winterkaalheid gehul
vorm hul 'n laning van gryse sekerheid
in die gees   wysheid in die natuur
'n rotsvaste stewigheid

In eensame winterstilte  lê Sy skadukolle
 van ontferming
Hy sorg vir tydfases
wat kom en gaan
selfs die môres   geïnspireer
met lowergroen Somer-grassaad-genade

Nagtuur-belonings
gaan in 'n oogwenk verby
vang dus elke oomblik vas
sien raak   al die Goddelike wonderwerke
dit spreek ons aan
wanneer ons telkens
langs die lewenspad verwyl
Title: Re: Baviaans kaal skoonheid
Post by: adele on July 08, 2014, 06:26:31 PM
pragtig, dit lees so vol emosie.