Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 26, 2014, 02:52:59 PM
		
			
			- 
				Hoe het ons lewens nie aangestap
 soms ons wêrelde uit pas
 Tye het jeug verruil vir die gryse aanstap
 mooie herinneringe het gekom en gegaan
 so baie kon ons deel
 tussen lief en leed
 van verstaan
 
 Ons lewens het baie lag gedeel
 soveel skertsende oomblikke
 sou ons nooit verveel
 Mekaar ondersteun
 hoofstuk na hoofstuk deurgestoei
 nooit sonder hoogtepunte wat boei
 
 soms skryf ons 'n spanningsverhaal
 om dit dan weer só pragtig te vertaal
 altyd 'n klimaks ontplooi
 selfs 'n nuwe begin uit niks gebore
 
 In 'n onbewaakte oomblik
 kon die vyand
 'n deur van vinnig reageer
 wawyd kom oopstoot
 
 Hoe het die Heer ons nie gedra
 selfs seisonaal verdra
 ons gesin geseën
 elke iedere een
 ons ouerhuis roep ons kinders byeen
 
 hul kon kom en gaan
 ons kon hul van raad bedien
 of uit vrye keuse laat begaan
 
 Op ver paaie moes hul noodwendig loop
 verseker van ons Vader se bystand
 in donker tye glo in Sy hoop
 
 Goue jare is verby
 verskillend optree en selfs besin
 ons kon weer voor begin
 
 'n terugflits-keuse
 ons eie verantwoordelikheid
 mag ons die mooi van die toekomsjare verhaal
 deel wees van liefde
 'n lewensgeskenk
 om onvolmaakte wêrelde vermoënd te laat
 
 Liefde uit Hom gebore
 laat ons dit aangryp   koester
 dit is tydloos
 nooit verouderd of verlore
 
 
- 
				Baie mooi geskryf Elsabe.
			
- 
				Mooi geskryf.
			
- 
				Goed geskryf, ek sou net graag wou sien dat jy die leestekens hersien.   :love7: