verdwaal op ons spore van verlang
gly horisonne een vir een verby,
tel jou arms my op na die kranse
van jou geliefde swartberge
en kruip ek weg in die grotte
waar ongeskoolde klippe
my verdwaaldheid verstaan
nog vele tye lê voor my deur
soos die karoopaaie se myle
wat wegraak teen die oosterkim,
het jy ook 'n bergpas-monument
soos die van thomas bain
dwarsdeur die fynbos
van my hart gebou,
deur die laslappie-kleinkaroo tot waar
warmvou, jou lag, 'n wit brandersoom
van sonskynsee uitrol op die strand
Sjoe, die gedig het my geraak. Mooi geskryf adele
Werklik, werklik besonders. Hierdie gedig het my ook intens geraak.
dankie Fransi en Ria :toothy4: [skuus, iewers het ek jou woorde gemis]
Adele, jy is 'n ou doring! Jou werk is uitstekend! Dit praat nie meer nie, dit "bulder"!
Petra, jy maak my 'toon-inni-sand' dankie vriendin