Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 24, 2014, 05:57:16 PM

Title: erosie om die liefde
Post by: adele on June 24, 2014, 05:57:16 PM
liefde is
'n mooie woord
gewoonlik lei
dit tot akkoord
 
soms verkrummel
die sterke rots
as persoonlikhede
heeltyd bots
 
het jy al gehoor
van gronderosie
so verspoel
ook ons emosie
 
niks kom vanself
om verlies te keer
net versorging help
teen daardie seer
 
met harde werk
om op te bou
kan liefde diep
en ewig hou
Title: Re: erosie om die liefde
Post by: Ans Botha on June 24, 2014, 09:03:55 PM
Ek hou hiervan adele. En as jy dieper kyk as wat jy lees, is dit 'n diep gedig hierdie.
Title: Re: erosie om die liefde
Post by: Fransi on June 25, 2014, 08:06:44 AM
Baie waar geskryf.
Title: Re: erosie om die liefde
Post by: PM on July 06, 2014, 10:37:42 AM
Mooi geskryf Adele.  'n Pragtige vergelyking en 'n foto wat boekdele spreek. 
Title: Re: erosie om die liefde
Post by: adele on July 08, 2014, 06:24:59 PM
dankie aan elkeen van julle.